Visit Us On TwitterVisit Us On Facebook

Bateleur is ‘n unieke Leefstyl Landgoed wat volledige aftreefasiliteite gaan bied. Die doel is om inwoners van ‘n Landgoed te voorsien wat ‘n aktiewe, gesonde leefstyl aanmoedig maar ook die nodige aftreefasiliteite voorsien vir die toekoms.

Die fokus van die Ontwikkelaar is om ‘n gevoel van spasie en vreedsaamheid te skep waar inwoners die natuurlike omgewing as deel van hulle daaglikse aktiwiteite kan geniet. Baie moeite is gedoen om te verseker dat die natuurlike habitat bewaar word en geinkorporeer word in die ontwikkelingsarea met 60ha van die Landgoed wat ongerep bly. Die ideale omgewing waar die pragtige Laeveld landskap tot sy volle reg kan kom!

Bateleur laat inwoners toe bo die ouderdom van 40 jaar en geen kinders mag op ‘n permanente basis op die Landgoed bly nie.

ARGITEKTONIESE ONTWERP (ARCHITECTURAL DESIGN)

Alle aspekte van Bateleur Landgoed, sowel as die gemeenskapsfasiltieite is met sorg ontwerp. Ekologiese, onderhoud en estetiese faktore is goed deurdag en geimplimenteer. Ligging en oriëntasie sowel as klimaatstoestande van die Landgoed is in ag geneem. Die estetiese ontwerp van die eenhede verseker lae onderhoudskostes in die toekoms.

Gemaklike goegangklikheid is deurlopend deur Bateleur geskep om te verseker dat inwoners ‘n kwaliteit leefstyl kan geniet. Bateleur is ten volle rolstoelvriendelik.

DIE ONTWIKKELAARS

Jakkie van Heerden Raadgewende Ingenieurs
Jakkie van Heerden Raadgewende Ingenieurs is al vir 25 jaar aktief in die Laeveld en het verskeie residensiële ontwikkelings in die area suksesvol voltooi.
Laeveldtrust 2001 (Edms) Bpk
Laeveldtrust 2001 (Edms) Bpk bestaan al vir meer as 50 jaar en het ‘n wye verskeidenheid suksesvolle besigheidsbelange in die omgewing.
ABSA KORPORATIEWE EN BESIGHEIDSBANK
ABSA Korporatiewe en besigheidsbank is ‘n aandeelhouer in Bateleur Landgoed.

Animated Social Media Icons by Acurax Responsive Web Designing Company