Visit Us On TwitterVisit Us On Facebook

  • Leefstyl

    Bateleur Landgoed is ‘n unieke Leefstyl Landgoed in die pragtige Laeveldse natuurskoon op die buitewyke van Nelspruit. Bateleur is ‘n 200ha Landgoed waarvan ongeveer 60ha ongerep gaan bly. Baie sorg word aan die dag gelê om te verseker dat die natuur bewaar word vir die inwoners. Verskeie wandelpaaie, fietsryeroetes en damme binne die veilige grense van die Landgoed bied aan inwoners ‘n gesonde, aktiewe leefstylkeuse.

    ‘n Gevoel van vrede en spasie oorval jou as jy by Bateleur se hekke inry. In die somer word naweke lui lekker langs die damme spandeer. Duikertjies, visarende, rooibokke en selfs likkewane besoek inwoners gereeld op hul voorstoep. Bateleur is die natuur op sy beste!

    Buiten vir ‘n aktiewe buitelewe, kan inwoners deelneem aan die verskeie sosiale klubs onder andere ‘n Brugklub, Omgewingskommittee, Biblioteek, Pottebakkery, Pilates en vele meer.

    Die hele Landgoed is rolstoelvriendelik en eenhede is ontwerp om gerieflike lae onderhoud te verseker.

  • Sekuriteit

    Goeie sekuriteit is ‘n prioriteit onder beide die Ontwikkelaar en die Huiseienaarsvereniging. Met voltooiing sal Bateleur omring word deur ‘n 1.8m hoë grensmuur met elektriese bedrading op. Die grensmuur word uitgebrei in fases saam met die ontwikkeling. Elke konstruksiefase word afgekamp deur ‘n tydelike elektriese heining om veiligheid van konstruksieareas in plek te stel.

    Elke eenheid is gekoppel met die Wagkamer by die ingangshek wat bystaan in geval van nood. Grensmure van Bateleur word daagliks gepatrolleer om te verseker dat die Landgoed veilig is ten alle tye.

  • Gemeenskapsfasiliteite

    Die eerste fase van die Administratiewe Blok wat ‘n gemeenskapsaal insluit, is voltooi. Gemeenskapsfasiliteite word uitgebrei saam met die ontwikkeling om te verseker dat huiseienaarsheffings nie buitensporig verhoog word nie. Met voltooiing van die projek word onder andere sporfasiliteite, ‘n restaurant en kroeg en ‘n winkel vir alledaagse items word vooruitgesien.
  • Landgoed Uitleg

    Voorlopige Landgoed uitleg deur die Ontwikkelaar (Klik op die foto om ‘n groter een te besigtig)
    Master Plan A
Floating Social Media Icons by Acurax Wordpress Designers