Visit Us On TwitterVisit Us On Facebook

ALGEMENE INLIGTING

Die unieke leefstyl by Bateleur Landgoed word verder uitgebrei met optimale Tuis Versorging, Bystandsorg en Verswakte Sorg wat aan Inwoners beskikbaar gestel word. Inwoners sal hul kwaliteit leefstyl kan handhaaf in ‘n bekende omgewing met verskeie ondersteuningsdienste wat vir hulle beskikbaar gaan wees, sowel as Noodsorg.

Die Sorgsentrum dienste sal gelewer word met ‘n holistiese benadering. Inwoners sal ten alle tye versorg word deur professionele, goed opgeleide personeel, wat sal verseker dat die wêreld klas standaard gehandhaaf word, waarvoor Bateleur Landgoed bekendstaan.

MEDIESE DIENSTE BESKIKBAAR

Die volgende dienste sal aangebied word deur die Sorgsentrum:

KLINIEK DIENSTE


Ons kliniek is ‘n gemeenskap fasiliteit wat basiese, daaglikse mediese dienste aan alle Bateleur inwoners bied, onder die bestuur van die Suster in Beheer.

TUISVERSORGING


Inwoners sal toegang hê tot Tuisversorging, volgens hulle individuele behoeftes en sal versorg word in die gemak van hulle eie huise vir so lank moontlik.

BYSTANDSORG


18 Luukse Bystandsuites is beskikbaar in die Sorgsentrum. Elke suite is toegerus met ‘n kombuis, rolstoel-vriendelike badkamer en het toegang tot ‘n klein stoepie.
Suites sal gedeeltelik gemeubileer word of ten volle, volgens die inwoner se vereistes teen ‘n basiese koste.
Bystandsorgsuites sal voorsiening maak vir Inwoners wat nie deurlopend 24-uur Mediese Sorg nodig het nie, maar eerder ondersteuning nodig het met sekere van hulle dag tot dag take. Basiese mediese sorg sal die volgende insluit:

  • Administrasie van medisyne.
  • Daaglikse ondersoeke om die algemene welstand van die inwoner te bepaal.
  • Weeklikse Sorgplan volgens elke inwoner se behoefte.
  • 24-uur Mediese Nooddienste.

Bykomende sorg en hulp sal beskikbaar wees vir alle inwoners volgens hulle individuele behoefte teen ‘n addisionele koste.

VERSWAKTE SORG

Verswakte Sorg fasiliteite is beskikbaar eksklusief vir die gebruik van Bateleur Inwoners wat die behoefte het aan 24-uur mediese aandag. Basiese mediese sorg sal die volgende insluit:

  • Daaglikse Sorgplan wat deur die Suster aan Diens opgestel sal word volgens elke inwoner se persoonlike behoeftes.
  • Daaglikse bystand stort / bedwas soos benodig.
  • Bystand met voeding soos benodig.
  • Mobilisering en versorging van drukpunte.
  • Passiewe oefening indien nodig.
  • Badkamer bystand.

ANDER DIENSTE

Ander paramediese sorg sal beskikbaar wees op ‘n ad-hoc basis insluitende Fisioterapie, Refleksologie, Biokinetika en dies meer.

ANDER DIENSTE SLUIT DIE VOLGENDE IN:
Inwoners wat in die Sorgsentrum woon sal toegang hê tot die volgende dienste wat ingesluit is in die maandelikse heffing:

  • 3 Gebalanseerde maaltye per dag, sowel as oggend en middag koffie/tee.
  • Daaglikse skoonmaakdienste van kamers en algemene areas.
  • Was dienste vir persoonlike wasgoed, sowel as linne en handdoeke.
  • 24-uur sekuriteit en toegangsbeheer regdeur die fasiliteit.
  • Paniek knoppies vir nooddienste.
  • DSTV aansluiting beskikbaar (aansluiting en dekodeerder is nie ingesluit nie).

 

FOTOS VAN DIE SORGSENTRUM


 

KRITERIA VIR TOELATING TOT DIE SORGSENTRUM

Die volgende voorwaardes geld vir persone wat okkupasie wil neem in die Sorgsentrum:

  • Persone moet 50 jaar en ouer wees.
  • Geen voorsiening word gemaak vir persone wat aan Dementia of Alzheimer’s kondisies lei nie.
  • Geen voorsiening word gemaak vir persone met geestelike of psigiatriese gestremdhede nie.
  • Alle aansoeke sal onderhewig wees aan die goedkeuring van die Sorgsentrum Bestuurskomitee.
  • Verswakte Sorg Fasiliteite is slegs beskikbaar vir Bateleur Landgoed inwoners.

 

AANSOEK PROSEDURE

Kontak asseblief ons kantoor vir meer inligting in verband met die aansoek prosedure. Tanya, per e-pos by admin@bateleurestate.co.za