Visit Us On TwitterVisit Us On Facebook

FASE 2 OPE DAG 18 & 19 OKTOBER

Saterdag 18 en Sondag 19 Oktober hou BATELEUR ‘n Ope Dag waar die erwe van Fase 2 wat onlangs beskikbaar gestel is, besoek kan word.

Besoekers sal ook ‘n voorskou ontvang van die nuwe Klinkereenhede asook voorlopige uitleg planne vir die bystands- en sorgeenhede. Konstruksie van hierdie eenhede sal na verwagting aanvang neem gedurende 2015.

Daagliks vanaf 10:00 – 17:00. Kontak 079 155 1600 of SMS “Bateleur” na 33600 vir meer inligting.


Bateleur Lentebraai – September 2014

 Ons het op die 1ste Sept. heerlik saam gekuier, gedans en geëet! Baie dankie aand die “feeskomitee” vir die reëlings! Inwoners het tot laat aand saam gekuier en almal wat daar was het nuwe vriende ontmoet en mekaar leer ken! Al was dit ‘n koue lentedag dag was daar ‘n heerlike warm atmosfeer! Aan die wat dit nie kon bywoon nie maak asb volgende keer ‘n plan!


Bateleur – Inwyding van Klavier

Baie dankie aan almal wat deel gehad het aan die middagkonsert vir hierdie geleentheid! Een ding is seker – daar is BAIE mense met talent tussen ons! Ek dink ons moet waarlik ‘n plan maak en ten minste een keer per jaar so middagkonsert hou om die talent hier tussen ons geleentheid te gee om op te tree en die res van ons met hulle talent te vermaak!


Bateleur Pottebakkery Uitstalling – Augustus 2014

Pottebakkery geesdriftiges het hul skeppings uitgestal tydens die jaarlikse Pottebakkery Uitstalling in die Gemeenskapsaal. Enigiets van blompotte tot Spiderman spaarvarkies is met verwondering aanskou. Dankie Ronnie vir al jou harde werk om hierdie dag bymekaar te sit. Kyk na die Gallery vir foto’s van al die handewerk.


Bateleur op Ontbytsake – Saterdag 24 Mei 2014 DSTV Kanaal 144

Sien waarom meer as 200 inwoners Bateleur hul tuiste noem. Op Saterdag 24 Mei gesels Bateleur Landgoed met Ontbytsake. Moet hierdie program nie misloop nie. Vind self uit waarom Bateleur jou beste aftree leefstyl ooit genoem word.


Bateleur by die Ere Veldwagters Indaba : 21-24 May 2014

Bateleur is ‘n trotse borg van die Ere Veldwagters Indaba by Skukuza in die Kruger Nasionale Park vanaf 21-24 Mei. Natuurbewaring lê Bateleur na aan die hart. Ons gee graag terugvoer na hierdie geleentheid. Besoek http://www.sanparksvolunteers.org/ vir meer inligting oor die werk van hierdie vrywilligers.


Bateleur Herdenkingswedloop – 15 Maart 2014

Op 15 Maart 2014 bied Bateleur in samewerking met “Nedbank LVCC Running Club” die jaarlikse Bateleur Herdenkingswedloop aan. Die wedloop begin en eindig op Bateleur Landgoed en bestaan uit ‘n 4km pretloop/draf asook ‘n 10km en 21km wedloop vir die meer ernstige atlete.

Kontak Magdel op 079 155 1600 of e-pos sales@bateleurestate.co.za  vir meer inligting

Inskrywings beskikbaar as volg:

  • Inskrywingsvorm op die Tuisblad van Bateleur Landgoed
  • 14 Maart 2014 by Bateleur Landgoed vanaf 16:00-18:00
  • 15 Maart 2014 by Bateleur Landgoed vanaf 05:00
  • Inskrywings per faks kontak 079 155 1600

 

Bring ‘n foto van ‘n geliefde wat jy verloor het vir die Herdenkingsmuur.


Bateleur Inwoners Valentyns Braai – 14 Februarie 2014

Op 14 Februarie het ongeveer 70 inwoners van Bateleur bymekaargekom vir ‘n Valentynsdag Braai en Dans en dit het behoorlik gegons! Terwyl die braaivleis vure gereed gemaak is, het almal die pragtige sonsondergang en Visarend aanskou.

Na ete is daar gedans op ou bekendes soos “Living Doll” en “Pretty Belinda”! Gaan kyk die fotos op www.facebook.com/bateleurestate of besoek die Gallery op die webwerf.

Animated Social Media Icons by Acurax Responsive Web Designing Company