| Landgoed Uiteensetting |
Bateleur Landgoed is verdeel in verskeie fases wat insluit enkeltitel huise, deeltitel eenhede asook deeltitel woonstelle. Verder is daar voorsiening gemaak vir onder andere gemeenskaps-fasiliteite, ondersteunde sorg eenhede, hoë sorg asook administratiewe geboue.
| Argiteksontwerp |
Ekstra aandag is gegee aan die toeganklikheid en gemak van beweging dwarsdeur die Landgoed aangesien kwaliteit van lewe altyd 'n baie hoë prioriteit is. Alle geboue is ontwerp om rolstoel vriendelik te wees en is daarom maklik toeganklik vir alle inwoners.
| Behuisings Opsies |
Enkeltitel eenhede
Enkel titel eenhede bestaan uit huise vanaf 83m² tot 218m² op 'n gerieflike erf. Verskeie planne is beskikbaar vir die keuse van 'n toepaslike eenheid.
Deeltitel eenhede
2/3 slaapkamer deeltitel eenhede van ongeveer 77m² vir enigiemand wat die perfekte "toesluit en gaan" huis soek.
Deeltitel woonstelle
Woonstelle vanaf 75m² tot 95m² bestaande uit 2 slaapkamers, 1 badkamer, stoep en 'n motorhuis. Woonstelblokke bestaan uit 8 of 12 eenhede en is ontwerp om privaatheid vir elke eenheid te verseker. Alle woonstelle is rolstoel vriendelik.
Hoë sorg en ondersteunde sorg eenhede
Hierdie eenhede word tans gefinaliseer. Kontak die Ontwikkelaar vir verdere detail.
Leefreg eenhede
Voltooide eenhede is beskikbaar op leefreg basis. Kontak die Ontwikkelaar vir verdere detail.
| Regsdokumente |














