In 'n neutedop... |
![]() |
|
Bateleur is ‘n unieke leefstyl-landgoed in die Laeveld se natuurskoon waar jy vir die res van jou lewe sal kan woon.
Bateleur is ‘n 200 hektaar Landgoed met ‘n verskeidenheid verblyfopsies – enkeltitelhuise, deeltitelwoonstelle, asook die gemoedsrus van versorgde aftree fasiliteite indien jy dit later sou benodig.
Die natuurskoon in hierdie area is wêreldberoemd, en die gevoel van oopte en rustigheid verleen aan hierdie Landgoed ‘n ontspanne atmosfeer. Gelukkige inwoners het reeds hier ingetrek, en verdere eenhede word tans ontwikkel.
Die Bateleur-Landgoed spog ook met pragtige damme, wandelpaaie en fietsryroetes wat ‘n aktiewe leefstyl aanmoedig. Inwoners kan die buitelug met vrymoedigheid geniet binne die veilige grense van die landgoed.
Bateleur Landgoed skep 'n ideale omgewing waar jou kinders en kleinkinders vir jou kan kom kuier in die beste jare van jou lewe!


















