| 1. |
DIE ONTWIKKELING |
|
|
| 1.1 |
Wie is die ontwikkelaars? |
|
Laeveldtrust 2001 (Edms) Bpk, Jakkie van Heerden en Dave Cruse. |
|
|
| 1.2 |
Wie is die aandeelhouers in die ontwikkeling? |
| |
Absa Korporatiewe en Besigheidsbank en die ontwikkelaars. |
|
|
| 1.3 |
Hoe groot is die ontwikkeling? Waar is dit geleë? |
|
Bateleur Landgoed beslaan 200 ha, en is sowat 7km vanaf Absa Square in Nelspruit gelee, op die The Rest-pad. Die pad is nuut geteer. |
|
|
| 1.4 |
Watter tipe eiendom word te koop aangebied? |
| |
Enkeltitel- en deeltitelhuise; deeltitelwoonstelle en leefreg eenhede met ondersteunende dienste. |
|
|
| 1.5 |
Uit hoeveel fases bestaan die ontwikkeling? Hoeveel erwe is beskikbaar? Hoeveel erwe word tydens die eerste fase ontwikkel? |
|
Daar sal ses tot sewe fases wees – afhangend van die aanvraag. Eindelik sal meer as 1000 erwe ontwikkel word, waarvan 133 in fase 1 is. |
|
|
| 1.6 |
Gaan daar enige oop areas en groen sones wees? |
|
Ja, 60 ha word ongerep gelaat. Die ontwikkeling sluit ook 4 damme in. |
|
|
| 1.7 |
Geld enige ouderdomsbeperking? |
|
Ja. Die landgoed word ontwikkel vir die aktiewe volwasse mark, 50 jaar en ouer. Kinders onder 18 jaar sal dus nie permanent daar kan woon nie, buiten vir kort besoeke, tydens bv. naweke, skool- en universitietsvakansies. |
|
|
| 1.8 |
Wanneer sal die dienste voltooi wees? |
|
Die infrastruktuur van fase 1 is voltooi. Bouwerk aan verskeie huise en woonstelblokke is reeds klaar en sluit skouhuise in. |
|
|
| 1.9 |
Wie is die professionele span betrokke by die projek? |
|
-
Theunissen Jankowitz Argitekte
-
Van Staden & Pretorius Professionele Landmeters
-
Umsebe Development Planners
-
Consolv Raadgewende Ingenieurs
-
P& L Raadgewende Ingenieurs (Elektries)
-
NKP Konsultante
|
|
|
| 1.10 |
Wat is die deposito wat verlang word? |
|
R10 000 deposito is betaalbaar in die trustrekening van die prokureursfirma Du Toit Smuts & Mathews Phosa. |
| |
|
| 2. |
FINANSIES |
|
|
| 2.1 |
Tot wanneer is die huidige pryse geldig? |
| |
Pryse is opgedatteer in Januarie 2012 maar mag moontlik in die toekoms onderhewig wees aan verdere aanpassings.
|
|
|
| 2.2 |
Watter bydrae word vir die gemeenskaplike geriewe vereis? |
| |
Elke koper sal eenmalig R30 000 bydra en hierdie bedrag is ingesluit by die koopprys. |
| |
|
| 2.3 |
Wat gebeur wanneer ek wil verkoop? |
| |
Die Grondwet van Bateleur Landgoed is as volg:
No erf may be transferred unless the transferor thereof furnishes a guarantee to the Home Owners Association in terms of which an amount equal to 20% (TWENTY PERCENTUM) of the difference between the original purchase price plus approved structural improvements and additions and the resultant selling price are paid to the Reserve Fund of the Home Owners Association upon transfer of the property to the transferee. This will also be applicable to the transfer of shares, members interest or the change of beneficiaries in ownership. In the event of an erf being transferred from a deceased estate to a surviving spouse, such transaction will be exempted from such contribution.
In kort: 20% van die winsgedeelte is met verkoop van die eenheid betaalbaar aan die Huiseienaarsvereniging.
|
| |
|
| 2.4 |
Wat sluit die heffings vir fase 1 in? |
| |
Sekuriteit, strukturele versekering, onderhoud van paaie en buitegeboue, tuindienste. |
| |
|
| 3. |
SEKURITEIT |
| |
|
| 3.1 |
Hoe gaan sekuriteit bestuur word? |
|
|
| |
Bateleur Landgoed se veiligheidstelsel sal met voltooiing bestaan uit 'n 1.8m-hoë grensmuur met elektriese heining bo-op reg rondom die landgoed; asook 'n waarskuwingstelsel by die bemande sekuriteitsbeheerkamer. Elke eenheid is ook direk gekoppel aan die beheerkamer. Inwoners kan dus verseker wees van 'n veilige omgewing 24 uur per dag.
Vir bykomende gemoedsrus tydens die landgoedontwikkeling sal tydelike elektriese heinings rondom elke voltooide fase opgerig word, tot alle bouwerk voltooi is.
|
| |
|
| 4. |
GEBOUE |
| |
|
| 4.1 |
Wie is die argitek? |
| |
Wouter Mocke van Theunissen Jankowitz Argitekte in Nelspruit. |
|
|
| 4.2 |
Wie is die boukontrakteur? |
| |
Nelspruit Konstruksie wat vele suksesvolle projekte saam met die ontwikkelaars voltooi het. |
|
|
| 4.3 |
Hoe sal die interim rente bestuur word? |
| |
Met registrasie word ‘n bedrag aan die ontwikkelaars betaal wat rente oploop. Dit sal driemaandeliks betaal word, met akkumulatiewe rente. |
|
|
| 4.4 |
Is oordragkoste en BTW van toepassing? |
| |
Dit is ingesluit by die koopprys. |
|
|
| 4.5 |
Mag die eiendomme omhein word? |
| |
Nie aan die voorkant van die huis nie; beperkte omheining sal gedoen word om troeteldiere binne die eiendomme te hou. |
|
|
| 4.6 |
Mag daar op ‘n latere stadium aangebou word? |
| |
Ja, binne die riglyne van die ontwikkelaars/huiseienaarsvereniging en die argitek. |
|
|
| 4.7 |
Sal boukoste toeneem nadat kontrakte geteken is? |
| |
Nee. Prys word vasgestel met kontraksluiting en wat vooraf met die kontrakteur ooreengekom is. |
| |
|
| |
|
| 5. |
HUISEIENAARSVERENIGING |
| |
|
| |
Die landgoed sal geregistreer word as ‘n artikel 21-maatskappy en sal deur die ontwikkelaars bestuur word vir die duur van die projek, waarna ‘n huiseienaarsvereniging die bestuur van die landgoed sal behartig.
Elke voltooide fase sal opgedeel word in nodusse (kleiner dorpies) waarvan daardie inwoners ‘n komitee sal stig om die eienaars van daardie fase tydens die ontwikkeling te verteenwoordig by die ontwikkelingsforum.
|
| |
|
| 6. |
GESONDHEIDSDIENSTE |
| |
|
| 6.1 |
Watter gesondheidsdienste sal beskikbaar wees? |
| |
- Vlak 1 – Voorkomend
- Vlak 2 – Tuisversorging
- Vlak 3 – Bystand/ondersteunende versorging
- Vlak 4 - Versorging van verswaktes: Navorsing toon dat slegs 4% van inwoners gebruik maak van dienste vir die versorging van verswakte persone.
|
| |
|
| 6.2 |
Watter dienste sal met die voltooiing van fase 1 aangebied word? |
| |
Al drie vlakke van gesondheidsdienste. Die versorging van verswaktes sal vanuit 'n bestaande huis bestuur word na fase 1 voltooi is. ‘n Volledige sorgsentrum vir verswaktes, met drie uitbreidings, bestaande uit 18 beddens elk, sal gebou word soos wat die aanvraag toeneem. |
|
|
| 6.3 |
Wie sal die gesondheidsdienste bestuur? |
| |
Die ontwikkelaars sal tydens die ontwikkeling na die bestuur omsien, waarna dit die verantwoordelikheid is van die huiseienaarsvereniging. |
|
|
| 6.4 |
Watter voordele is daar vir inwoners van die landgoed? |
| |
Die bydraes wat deur elke eienaar betaal word as deel van die totale koste (soos per grondwet) waarborg die gebruik van die gesondheidsdienste asook die sorgeenheid vir verswaktes.
Die onmiddellike voordeel is die gerief van mediese bystand dag en nag, tuisversorging tydens of na siekte en kliniekdienste (bykomende kostes van toepassing).
|
|
|
| 6.5 |
Sal individue van buite toegelaat word om die sorgeenheid vir verswaktes te gebruik om te herstel na operasies? |
|
Ja, maar inwoners van die landgoed sal altyd voorkeur geniet |
|
|
| 6.6 |
Sal daar ‘n sub-akute fasiliteit wees? |
| |
‘n Sub-akute fasiliteit sal moontlik deel wees van toekomstige fases. |
|
|
| 6.7 |
Word daar ‘n bedrag in die heffing ingesluit vir alle inwoners om by te dra tot die sorgeenheid vir verswaktes? |
| |
Ja, ‘n minimale bedrag is betaalbaar om toegang tot die sorgeeneheid vir verswaktes te verseker. |
|
|
| 6.8 |
Waar sal die gesondheidsorgsentrum geleë wees? |
| |
Dit sal deel wees van die gemeenskapsentrum, naby die ingang en met ‘n uitsig oor een van die damme. |
| |
|
| 7. |
ONTSPANNINGS- EN ANDER FASILITEITE |
| |
|
| 7.1 |
Watter ontspanningsgeriewe sal in die toekoms ontwikkel word? |
| |
Verskeie ontspanningsgeriewe word in die vooruitsig gestel:
- Stap- en drafroetes – in 60 ha ongerepte natuur
- Biblioteek
- Ontspanningsaal waar die verskillende klubs byeen kan kom, hetsy onder meer brug-, boeke-, naaldwerk-, kunsklubs.
- Rolbal
- Swembad
- Tennis
- Gimnasium
- Amfiteater
- Werkswinkel vir houtwerk en sweiswerk
- Afdakke vir onder meer wwonwaens, sleepwaens en bote (bykomende heffing betaalbaar).
|
|
|
| 7.2 |
Watter spysenieringdienste sal beskikbaar wees? |
| |
Ja, in 'n restaurant en kroeg met kuierplek binne- of buitenshuis. Maaltye en ander verversings sal hier aan inwoners bedien word, en indien dit nodig blyk, sal die restaurant tydens latere fases vergroot word. |
| |
|
| |
|
| |
|
| |
|
| |
|
| |
|
| |
|