Unieke leefstyllandgoed
Bateleur is 'n 200-hektaar Leefstyl Landgoed met 'n uitsonderlike natuurskoon , geleë in die lieflike Laeveldse stad Nelspruit, met sy vele inkopies, mediese- en sosiale geriewe en slegs 65 km van die wêreldbekende Krugerwildtuin af.
Bateleur Estate Nelspruit, met al die ruimte en kalmte word ‘n aktiewe buitelug leefstyl aangemoedig en geniet Inwoners hul daaglikse aktiwiteite in hierdie natuurlike Eden. Volle aftree fasiliteite bied gemoedsrus vir wanneer dit eendag nodig is.
Met ongeveer 60 ha ongerepte natuur ingelyf in die oop ruimtes van groen gebiede, word soveel as moontlik van die natuurlike omgewing bewaar. Die bestaande fauna en flora floreer op die agtergrond van 'n tipiese en asemrowende Laeveldse landskap...
Ons sosiale media-profiele:

Argitektoniese ontwerp
Gerhard Jooste van Gerhard Jooste Argitekte verseker dat uitsonderlike estetiese argitektoniese standaarde gehandhaaf word regdeur Bateleur.
Eenhede is omgewings vriendelik met lae onderhoud en sluit sonpaneel geisers, gas stowe en kwaliteit afwerkings in.

Skoutye
Maandag - Vrydag: 10:00 - 16:00
Saterdag en Sondag: 10:00 - 16:00
Skeduleer 'n besigtiging: 079 155 1600

Die ontwikkelaars
Met meer as 30 jaar ondervinding in residensiële ontwikkelings, het die Chateloja groep al verskeie gesogte ontwikkelings gevestig onder andere Boulders Estate, De Hoek, Heuwelsig, Berg ‘n Bos en vele meer.
Bateleur Landgoed is geen uitsondering nie en bied ‘n uitnemende residensiële omgewing.