Leef die natuurlike lewe

Landgoed Lewenswyse

Bateleur Landgoed is 'n unieke Leefstyl Landgoed in die pragtige Laeveldse landskap aan die buitewyke van Nelspruit.

Natuurlike Lewenswyse

Bateleur is 'n landgoed van 200 ha met ongeveer 60 ha ongerep. Daar word baie gesorg dat die natuurlike habitat behoue bly vir die inwoners. Met verskillende voetpaaie, staproetes en damme, kan inwoners 'n aktiewe en gesonde leefstyl geniet binne die veilige grense van die landgoed.

Buitelewe

Wanneer jy Bateleur binnekom, sal 'n gevoel van ruimte en kalmte jou oorweldig. In die somer word daar naweke luisaam gehengel of rond geslenter. Gereelde besoeke van die plaaslike Duikers , 'n Visarend wat oor die dam hang of 'n Water Likkewaan wat die grense patrolleer word van jou stoep waardeer. Bateleur is die natuur op sy beste.

Aktiewe leefstyl

Inwoners kan ook aan sosiale aktiwiteite op die landgoed deelneem, insluitend 'n Brug Klub, 'n omgewingskomitee, biblioteek, pottebakkery, Pilates en nog baie meer.

Leef gemaklik

Met die toekoms in gedagte, bied Bateleur ‘n optiese vesel netwerk vir vinnige, betroubare internet toegang, gas stowe, sonpaneel geisers en die nuutste eenhede met rugsteun battery krag vir beurt krag onderbrekings. Die hele Landgoed is rolstoel vriendelik en eenhede is ontwerp met lae onderhoud vereistes in gedagte.

Restourant

Die restaurant, gerieflik geleë in die Gemeenskap Sentrum, bied smullekker etes aan Inwoners op die Landgoed. Geniet ‘n smaaklike ete op die stoep terwyl jy oor die pragtige damme uitkyk of sluit aan by ‘n tema aand vir pure sielsgenot!

Gemeenskap sentrum

Die Gemeenskap Sentrum is die sentrale bymekaarkom punt vir brug, pilates, gemeenskap vergaderings en vele meer. Die Haarkapper en Nael tegnikus sal verseker dat jy altyd jou beste lyk – gerieflik geleë op jou voorstoep!

Stokperdjie Kamer

Verskeie aktiwiteite word in die stokperdjie kamer aangebied wat insluit ‘n jaarlikse kuns uitstalling, brei groepe en kuns klasse.

Biblioteek

Lees was nog nooit so lekker nie. Gaan haal bloot jou gunsteling boek vanaf die Bateleur Biblioteek vir daardie lui-lekker naweek lees dag.

Sorg Sentrum

Die hart van Bateleur le in ons Sorg Sentrum met 18 en-suite bystand sorg kamers en ‘n 8 bed verswakte sorg eenheid. Hierdie wêreldklas fasiliteit word bestuur in ooreenstemming met Bateleur standaarde deur ons Eenheid Bestuurder en die baie bekwame span Verpleegsorg Personeel.
Sekuriteit is ons prioriteit.

Sekuriteit

Sekuriteit is 'n topprioriteit.

In tred met die nuutste tegnologie, het Bateleur onlangs die volle sekuriteit stelsel opgegradeer en die volle grens word tans deur termiese kameras gedek.

‘n Ten volle toegeruste beheerkamer is op die Landgoed geleë, bestuur deur goed opgeleide sekuriteit personeel.

Elke eenheid is gekoppel met die Beheerkamer via die Bateleur interne vesel netwerk. Bateleur bied ook ‘n gewapende reaksie motor op terrein vir noodgevalle, wat insluit mediese noodgevalle. Ons sekuriteit span sal selfs seker maak dat die inwoner-mamba verwyder word as hy besluit om vir jou te kom kuier!